Joomla is Free Software released under the GNU/GPL License.
|
Wat gebeur die week? Sondag se erediens - 28 Februarie 2010
God het mens geword om jou te kom dien - Markus 10:32-45 God het mens geword om jou te kom dien. Dit is die tema vir hierdie week se boodskap en dalk klink dit vir jou baie vreemd. Dalk het jy in die kerk groot geword en van kleins af geleer het dat jy in die kerk is om die Here te dien. Dalk is jy selfs geleer dat as jy diensbaar genoeg was sal die Here jou sy kind maak. Hoeveel keer het jy nie al gefrustreerd gevoel met jou eie gebrek aan diensbaarheid nie, want hoe hard jy ookal probeer jy kry dit net nie reg om almal se dienskneg te wees nie? By dit alles lees mens dan in Markus 10:45: “Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie…” en dadelik vra jy: Hoe moet ek dit verstaan? Wat beteken dit as Jesus sê dat Hy nie gekom het om gedien te word nie? Is ek dan nog altyd verkeerd gewees? Is ek dalk deur die kerk mislei?
Kom hoor Sondag die radikale boodskap van die Evangelie van Jesus Christus: Dit gaan nie oor jou diensbaarheid aan God nie, maar dat God `n mens geword het om jou te kom dien.
Gebedsversoeke
Verjaarsdae 28 Februarie Christel Pretorius
4 Maart Francois Roux
|

