Die webblad is nog onder konstruksie
Kom besoek ons gereeld vir al die nuwe opwindende byvoegings !!!
Welkom by die AP Kerk in Engeland en Wallis
EREDIENSTE NOU OOK IN WIMBLEDON!!!
Kyk onder "Waar hou ons kerk" vir meer inligting
Volgende Wimbledon Eredienste is
- 7Junie om 16h00
- 21 Junie om 16h00
EEN OPDRAG, TWEE GEBOOIE, MEER GELOWIGES!!!

Ons verkondig Christus wat gekruisig is ...
Christus, die krag van God en die wysheid van God
– 1 Kor. 1:23-24.
Gereformeerde Dienste in Afrikaans elke Sondag om 12h00 en ook elke 2de Sondag in Wimbledon om 16h00. Tans gebruik ons die Holy Trinity kerk in South Woodford en ons het ook begin met eredienste in Wimbledon by die Sewende dag adventiste kerk. Gaan kyk gerus onder "Waar hou ons kerk" vir die adres en aanwysing na die onderskeie kerke. |
|
|
Ds. Adriaan en Lizette Swart |
|
Die AP Kerk Engeland en Wallis is ‘n jong, opwindende nuwe gemeente wat werksaam is in Londen en omgewing. Ons doel is om die Koninkryk van God te bou, en om die Goeie Nuus van Jesus Christus aan alle mense te verkondig. Ons vertrou dat hierdie webblad vir jou tot seën sal wees.
As jy graag wil inskakel by ons gemeente is jy enige tyd welkom! As jy net kom kuier in Londen, of dalk ‘n paar dae hier is vir werksdoeleindes, kom loer gerus in by ons pastorie of woon ‘n erediens by.
Ons Christen-wees is ‘n avontuur en dis heerlik om dit te deel, nie net met ander Christene nie, maar ook met die hele wȇreld!
Groete in Jesus!
Ds. Adriaan Swart

|
|
|